AD Keet aan die Woord #
A.D. Keet (1888–1972) was 'n bekende Suid-Afrikaanse digter en medikus wat bekendheid verwerf het as een van die vroegste skrywers van Afrikaanse minnedig. Die boek AD Keet aan die Woord - 'n skakel met die Lae Lande is saamgestel is deur sy seun, A.D. Keet jnr (A.D. Keet II), as biografie en bloemlesing. Dit fokus op Keet se lewe en sy verbintenis met Nederland en bevat briewe, gedigte en herrineringe wat 'n intieme kykie in sy wêreld bied.
Die boek is uitgegee in 2004 deur Disa-Uitgewers, Tygervallei, Suid-Afrika en publisering is moontlik gemaak danksy 'n ruim subsidie van die A.D. Keet-Publikasiefonds
Outeursreg is in 2004 deur die samesteller oorgedra aan Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN).
Dit is nou meer as 'n honderd jaar sedert A.D. Keet in Afrikaans begin dig het. Dit is vandag net so belangrik soos tóé, om Afrikaans as taal te ondersteun en vars te hou. In 2026 het NALN aan die kleinkinders van A.D. Keet toestemming gege om hierdie werk gratis op die Internet beskikbaar te maak sodat almal dit kan geniet.
Om die integriteit van die oorspronklike manuskrip te bewaar en duidelik te maak waar daar vir die elektroniese weergawe veranderings gemaak is, word enige inligting (gedigte, hoofstukke, fotos ens) wat na die oorspronklike druk van die boek in 2004 bygevoeg of verander is, gemerk soos in hierdie paragraaf, met 'n ligte groen agtergrond.
Daar is destyds weens koste- en tyds-redes moeilike besluite geneem om dele van die oorspronklike manuskrip uit die gedrukte boek te laat. Ons neem dié geleentheid om hierdie informasie terug te sit waar dit hoort. Die mees opvallende voorbeelde hiervan is verskeie addisionele fotos, die nuwe hoofstukke oor P.J. Nienaber en Sandberg, die werk getiteld Jan Celliers als Digter en Denker wat Keet as student geskryf het en sekere tot-dusver-ongepubliseerde gedigte.
Alle tik of drukfoute in hierdie weergawe is uitsluitlik die verantwoordelikheid van die samestellers daarvan
Kontak Ons #
Ons waardeer enige terugvoer oor hierdie publikasie. Kontak ons gerus!
Outeursreg en Kopiereg #
Alle regte word voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag sonder die vooraf skriftelike toestemming van NALN of die Keet Nalatenskap gereproduseer, in 'n ontsluitstelsel bewaar of weergegee word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, hetsy meganies, deur fotokopiëring of die maak van opnames of andersins nie.